Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Snorstad s.nw. [geen meervoud] (informeel, skertsend) › (die) Snorstad Pretoria: › Die voertuie het ’n week nodig om van Snorstad na Slaapstad te ry. Hoe prakties kan dit nou wees? (Netwerk24, 10 Oktober 2019). › Op hierdie voorplat is die woordmeester, tóé in Snorstad met die opteken van misdaad belas, se kop weggedraai (Jean Meiring, Netwerk24, 29 April 2019). › Honderde mans- en vroueliggaamsbouers van oor die wêreld heen het die naweek hul blinkgesmeerde spiere gebult vir die eerste internasionale kompetisie in sy soort in die hartjie van die Snorstad (Seugnet van Zyl, Netwerk24, 8 November 2015). › Is dit plagiaat om na Pretoria as “Snorstad” te verwys sonder om die oorspronklike bron te noem? (Was dit Bernoldus Niemand?) (Die Burger, 28 Oktober 2004).
◌ ENGELS: Pretoria | “Moustache City”
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose