Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
sosiogeniëring s.nw. [sametrekking van sosiale geniëring] [geen meervoud]
1 sosiale manipulasie: › EK het al soveel male gelees en gehoor dat vroue minder as mans verdien en dit gewoonlik afgemaak as nog ’n poging tot sosiogeniëring. Dat die feministe alweer wil krap waar dit nie jeuk nie. Volgens my (en hopelik alle ingeligte mans) word almal presies dieselfde betaal vir dieselfde werk (Douw Steyn, Vrye Weekblad, 21 Mei 2021).
2 (inligtingsekuriteit) manipuleringstegniek om van mense privaat inligting te bekom: › Sosiale ingenieurswese is ’n truuk wat skelms gebruik om slagoffers te oortuig om hul persoonlike inligting, insluitende sensitiewe inligting soos bankbesonderhede of PIN te oorhandig, gewoonlik tydens ’n telefoon- of e-posgesprek (Petrus Malherbe, Netwerk24, 22 Augustus 2020). ◌ SINONIEM(E): sosiale ingenieurswese ◌ ENGELS: social engineering
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie
sopstorie
sorghumbier
sosiaal
sosialemedia-beïnvloeder
sosialemedia-entrepreneur
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat