Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
slimmeter s.nw. | slimmeters | meter, soos ’n munisipale meter vir elektrisiteit of water, wat in plaas van die lesing net op ’n skerm te vertoon, dit ook na ’n wolkbediener kan stuur, waar die inligting verwerk en ook beheer kan word, soos om krag, of selfs sekere stroombane of toestelle oor ’n afstand aan of af te skakel, of water oop en toe te draai: › Die nutsmaatskappy sê verbruikers met slimmeters in gebiede waar ladingvermindering toegepas word, sal deur ’n SMS én ’n boodskap op die slimmeter self ’n kennisgewing ontvang een uur voordat dit toegepas word (William Horne, Netwerk24, 4 Februarie 2024). › Myns insiens is dit een van die groot geleenthede van slimmeters in Suid-Afrika. Dit kan ’n aansporing wees om energie-intensiewe toestelle soos geisers, tuimeldroërs en die laaiers vir elektriese voertuie af te skakel tydens piektye, wat tot ons almal se voordeel sal wees (prof. Thinus Booysen, Netwerk24, 6 Oktober 2023). › Slimmeters skep die geleentheid om inligting intyds, in hoër resolusie en teen hoër frekwensies beskikbaar te maak aan verbruikers, en dit is al herhaaldelik bewys dat hierdie vorm van terugvoering verbruikers se gedrag wesenlik verbeter. Om te meet is om te weet (prof. Thinus Booysen, Netwerk24, 6 Oktober 2023).
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapie
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
slippie
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1