Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
sny ww. | het gesny | (informeel) vertel: › Boeta Ivan sny die storie só (Jeremy Vearey, Jeremy vannie Elsies, 2018). ◌ ENGELS: tell
UITDRUKKING(S):
♦ ’n stuk sny (informeel) ’n storie vertel: › [M]oet jou nog ’n sappige stuk sny (@DELITEmusic, Twitter, 20 November 2012). › Laat ek gou vir jou dié stuk sny! *skinnertyd* (Marisa Calvert, Twitter, 25 Junie 2012). › En ons voel te arig om hom die ghrim stuk te sny … (George Weideman, Die donker melk van daeraad, 1994). › Ek like soms so agteroor [te] sit en na my suster [te] luister wanneer sy ’n stuk sny (’n storie vertel) ... Sy’s tog so dramaties en over-the-top! (Siyabonga Sesant, Twitter, 23 Maart 2019). ◌ ENGELS: tell a story | spin a yarn
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie