Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
sneeuvlokkie2 s.nw. | sneeuvlokkies | (figuurlik, informeel, neerhalend) persoon, veral ’n millenniër, wat (na die mening van die spreker) oorsensitief is: › Generasie Z is die nuwelinge in die werkplek wat volgens Pew Research ná 1996 gebore is en nou oorvat by die oorspronklike sneeuvlokkies, die millenniërs (Chundré Filippus, Vrye Weekblad, 26 Augustus 2022). › Sneeuvlokkies. Lui, voel die lewe skuld hulle, wil beloon word net om op te daag, vol angs, vol klagtes, selfbehep, voorkomsbehep, tegnologie-behep, lei Instagram-lewens (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 3 Januarie 2020). ◌ ENGELS: snowflake
samestelling(s):
sneeuvlokkiegenerasie: › Millenniërs [staan] steeds bekend as die sneeuvlokkiegenerasie: Die sagte, weerlose jeug met te veel opinies en te dun velle. (Arleen Stone, Netwerk24, 29 Maart 2019).
KYK OOK: millenniër
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma