Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
skhothane s.nw. | izikhothane | (Zoeloe) modieuse jong swart stedeling wat ten spyte van beperkte middele graag rykdom en status vertoon, en dit dan grootdoenerig verkwis: › Izikhothane in die townships spog met hul duur Italiaanse skoene wat hulle soms in die openbaar verwoes. Hierdie skynbaar ligsinnige verbruikersrituele is ’n verset teen die nadors van apartheid (Mthobeli Ngcongo en Sifiso Mnisi, Netwerk24, 3 November 2023). › By hierdie ukukhothana-gebeurtenisse daag die izikhothane op met ontwerpersklere [...] Hulle bring ook wat in die township-konteks beskou word as duur kitskos [...] Die duur klere word soms geskeur, verbrand of op getrap. Die kos word op ’n speelse manier na mekaar en op die grond gegooi. Die alkohol word gedrink, die deelnemers was hul hande daarmee en dit word selfs ook op die grond uitgegooi. Hierdie dinge word alles gedoen om rykdom, styl en buit af te wys (Mthobeli Ngcongo en Sifiso Mnisi, Netwerk24, 3 November 2023).
KYK OOK: ukukhothana
oorsprong:
Van Zoeloe ukukhotha “om te lek”, stadsleng “om te spog”.
Skandi-
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot
skindermeul
skolliepatrollie
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton