Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
slimhuis s.nw. | slimhuise | woning wat met toestelle en stelsels toegerus is wat met behulp van ’n rekenaar of selfoon van ’n afstand beheer en bestuur word: › Die gemiddelde slimhuis sal 50 tot 100 gekonnekteerde toestelle, ligte, termostate en ander apparate hê, voorspel die maatskappy (Finweek, 4 Junie 2015). › Geoutomatiseerde of sogenaamde slimhuise word daagliks ’n groter werklikheid, en hoewel die internet van dinge nog nie heeltemal deel van elke huishouding is nie, is dit beslis ook nie meer vergesog nie (Gert Bezuidenhout, Netwerk24, 22 April 2023). ◌ ENGELS: smart home
samestelling(s):
slimhuistegnologie: › Die integrasie van robotstofsuiers en -moppe met slimhuistegnologie beteken dat die gebruiker ’n skoonmaaksessie kan begin deur ’n opdrag aan Google, Alexa of Siri te gee, of selfs ’n skoonmaaksessie outomaties kan begin sodra die persoon die perseel verlaat (Burgert A. Senekal, LitNet, 2 Junie 2022).
KYK OOK: huisoutomatisering, Internet van Dinge
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery