Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

skaloeloe s.nw. (straat- en speelgrondspeletjie) Ook skeloeloe
balspeletjie met vasgestelde reëls: Twee groepe spelers, een groep boul en doen veldwerk, amper soos in krieket, maar met ’n groter speelbal. Die “bouler” rol of “boul” die bal na iemand in die ander groep wat die bal so ver moontlik probeer skop en so laag op die grond moontlik. Die skopper hardloop dan soveel moontlik kere heen en weer tussen sy span se “bof” en dié van die ander groep. As die skopper in die ander span se bof is, roep sy/hy “skaloeloe!” om veilig te wees en te sorg dat hy/sy nie “uitgegooi” word nie. As jy hoog skop, kan iemand jou dalk uitvang en jy kan in die hardloop uitgegooi word. As die bal na jou toe geboul word, maar iemand anders se naam is deur die “bouler” uitgeroep, is jy uit die spel […] op die Vlakte seg ons “ska-”, en in Hoorn “ske-”, weet ek ook nou (Anastasia de Vries, Facebook, 31 Maart 2020). Dis soos Red Rover. […] Weet jy hoe Red Rover werk? Ons op die platteland (Oudtshoorn) ken dit as skeloeloe. Jy staan aan die een kant. Anderkant is daar ’n persoon wat die bal vir jou gooi, jy skop hom doer ver, dan hol jy na die ander kant. Daar is mense langs die kant wat die bal vang en jou probeer raak gooi / uitgooi voordat jy by die ander kant uitkom (Haidee Muller, Facebook, 31 Maart 2020). Tot nou was sy altyd te moeg geswoeg vir ’n ma se pangakyk om ’n kind op die regte spoor te hou. Vir die speletjies wat haar as kind speel-speel gesond gehou het terwyl sy só die reëls van die lewe kon leer: skaloeloe; drie blikkies; bok, bok, staan styf; kennetjie; Abdol maak pootjies skoon (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). in my hart en siel is ek nog net ’n kind wat brandboud gehardloop het voor die balle wat gereën het op my in die stofstrate van Loeriesfontein […] brandpyn, maar skeloeloe wou ons speel (Berend Mouton, Facebook, 31 Maart 2020).
SINONIEM(E): niekies | nikkies
ENGELS: Red Rover


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther