Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sinestesie s.nw. [geen meervoud] toestand waarby die waarneming van iets by die waarnemer ’n sekondêre sensasie opwek, waarby sintuie wat nie gewoonlik saamwerk nie, met mekaar verbind: › Henry kon nog altyd woorde proe of ruik, en in 2009 is sinestesie by hom gediagnoseer [...] In Henry se geval word sy smaak- en reuksintuig geprikkel wanneer hy sekere woorde hoor (Huisgenoot, 10 Augustus 2022). › J. is in ’n kroeg in Amerika aangeval en het ernstige breinskade opgedoen. Daarna kon hy skielik teken en het in fisika en meetkunde belanggestel. Hy voel die vorms wat hy teken – ’n toestand bekend as sinestesie (Elsabé Brits, Netwerk24, 18 Augustus 2018). › By sommige mense roep kleure smaak- en reuksensasies op. Pienk is bv. soet en grys ruik rokerig. (Sinestesie genoem.) (Sarie, Mei 2015).
◌ ENGELS: synaesthesia | (Amerikaans) synesthesia
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielsuster
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin