Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

skareverkryging s.nw. [geen meervoud] aktiwiteit, onderneming of veldtog, veral aanlyn, waarby iemand wat ’n diens lewer, of wat iets skep of vervaardig, vrywilligers vra om insette te lewer en idees, inhoud, kennis of vaardighede by te dra om die diens of produk te verbeter: Enige onderneming wat kragopwekkers het, of dit twee of 20 is, word genooi om ’n vennootskap met MTN aan te gaan [...] Hulle beskou die aanbod as ’n poging tot skareverkryging en ’n geleentheid vir klein ondernemings (Werner Wippenaar, Netwerk24, 6 Julie 2022). Die Lego-stel is een van ses wat al ontwikkel is met behulp van skareverkryging op ’n webwerf wat die Deense speelgoedreus bedryf. Daarop kan verbruikers ontwerpe voorstel (Netwerk24, 20 Maart 2014). Lego is nie die enigste groot maatskappy wat skareverkryging inspan nie. McDonald’s en Samsung het ook al innovasie aangemoedig met behulp van webtuistes en sosiale media. So tap hulle die kennis en ervaring van kliënte om nuwe produkte te skep (Netwerk24, 20 Maart 2014).SINONIEM(E): skaredeelnameENGELS: crowdsourcing

samestelling(s):
skareverkrygingswebwerf


KYK OOK: skarefinansiering


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther