Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
skarrel ww. | het geskarrel |
1 haastig, vinnig beweeg
2 (van diere) skarrelend beweeg, veral op soek na kos
3 oorleef met watter bestaansmiddele jy ook al kan vind: › Op 12, 13 was hy skaars mensbekwaam toe hy sy nood oppak en die strate invlug om te skarrel vir ’n lewe (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 3 Januarie, 2020). › Hier slaap een van die haweloses, wat langs die [hoërskool se] heining bly. Vroegoggend pak die mense wat hier bly al hulle slaapgoed op en vat die pad om te gaan skarrel (Magriet Theron, TygerBurger, 2 April 2014). › Die onbekende bergie het glo gereeld in die strate naby [die skool] vir kos geskarrel (Son, 11 Februarie 2016). ◌ ENGELS: rummage
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin
skaloeloe
Skandi-
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot