Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
shabby-sjiek b.nw. [attr. en pred.] (uit Engels) modieus volgens ’n styl waarby sigbare tekens van gebruik of verweer ’n bedoelde deel van die voorkoms is: › Hierdie voorkoms sal goed pas by shabby-sjiek dekor (Huisgenoot, 21 Mei 2021). › Ek is baie lief vir die sagte, romantiese gevoel van die Britse ontwerper [...] se shabby-sjiek styl (Marian van Wyk, Tuis, 29 Julie 2019). ◊ [omskryf]: › Jeans met ’n verslete voorkoms en cargobroeke is sjiek en werk goed saam met blokkieshemde en hempbaadjies. (Huisgenoot, 9 September 2022). › Kliëntkeuse-stukke in outentieke wit of met die verweerde voorkoms (maar steeds splinternuut) bly hul kenmerk, al strek hul meubelstyle van moderne, kontemporêre dekor, oudwêreldse sjarme tot boho (Marinda Visser-Hough, Kouga Express, 17 September 2020).
◌ ENGELS: shabby chic
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp