Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
siel s.nw. | siele | sieltjie, sieletjie |
UITDRUKKING(S):
♦ aan iemand se siel knaag/vreet aanhoudend, dikwels in steeds toenemende mate, by iemand onaangename/pynlike gewaarwordings en gedagtes veroorsaak: › Dit was duidelik dat al die stories en gerugte wat die laaste paar dae in die media ... verskyn het, sy tol geëis het. Dit was duidelik dat dit aan sy siel knaag, want hy het met ’n strak en afgeremde gesig sy verklaring van ’n notaboek af gelees. Dit het gelyk of hy reg was om kort-kort in trane uit te bars (Die Burger, 2 Augustus 1992).
◌ ENGELS: gnaw at someone
KYK OOK: sielkanker, sielvreter
♦ jou siel sleep jy is bedruk/terneergedruk: › Jou siel sleep. En in jou kom lê 'n diep lus vir outydse pienk ghoemahare. Pienk suikervertroosting wat om en om 'n stokkie gedraai is (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).
◌ ENGELS: be at a low | be depressed
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa