Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
shisa nyama woordgroep, s.nw. [soms ook met ’n koppelteken] (Zoeloe)
1 | shisa nyamas | braai(plek) waar mense saamkom en daar die vleis kies en koop wat (vir hulle) oor ’n oop vuur gebraai word: › Die ystervrou staan elke oggend 05:00 op om haar drie kleinkinders vir skool reg te kry en sommer ook aandete voor te berei. Sy bestuur ook haar shisa nyama (Jolene van der Merwe, Weslander, 29 Januarie 2018).
2 [geen meervoud] vleis wat gekoop en (op/by dieselfde plek) gebraai word: › Suid-Afrikaners is baie lief vir vleis en het ’n trotse geskiedenis om kos in die buitelug op vure gaar te maak – of ons nou braai, ’n potjie of shisa nyama maak. Hierdie kultuur om vleis om ’n vuur te deel is in ons DNS, maak nie saak wat ons kultuur of agtergrond is nie en dit is ’n noodsaaklike simboliese deel van sosiale byeenkomste en vierings (Murray Slater aan Anél Potgieter, Rapport, 19 November 2017). › Oral word goed gratis weggegee. Van snikhete Musina tot besige Butterworth is daar gratis shisa nyama en drank (Mondi Makhanya, Netwerk24, 21 Desember 2014). › Geniet die Moederstad se lekkerste shisa nyama (braaivleis) in die hartjie van Guguletu. Jy kan jou eie bykosse en drinkgoed saamneem. Kom vier die Guguletu-leefstyl saam met die inwoners en ander toeriste, en maak seker jy bespreek vroegtydig (Huisgenoot, 31 Oktober 2013).
◌ ENGELS: shisa nyama
oorsprong:
Zoeloe-sleng: koop en braai
samestelling(s):
shisa nyama-stalletjie: › ’n Lukrake navigasie deur Philippi, Crossroads en Browns Farm, waar mense rondom shisa-nyama-stalletjies saamgedrom het, het weer beklemtoon hoe onmoontlik dit is om inperkingsmaatreëls in 'n township te probeer instel (Jacques Marais, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020). › ’n Mondwater-braaivleisgeur begroet my toe ek op die plaza se parkeerterrein intrek. Dit kom van ’n shisa-nyama-stalletjie waar mense om ’n groot rooster saamkoek – elk met ’n homp vleis of ’n stuk wors in die hand (Nolan Venter, Netwerk24, 27 November 2018).
shisa nyama-restaurant
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal