Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
selfskending s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (psigiatrie en psigoanalise, medies) die handeling van jouself doelbewus seer te maak, soos deur met jou naels diep in jou vel te krap of jouself met ’n mes te sny: › Selfskending is daarop gemik om die liggaam te beseer om psigologiese spanning te verlig. Dit behels tieners wat hulself sny, brand, hul vel krap, chemiese middels drink of hul vingers in deure vasslaan (A. Rademeyer, Beeld, 11 Augustus 2006). › Selfbesering of selfskending kom wel in Suid-Afrika voor, maar word hier bestempel as deel van die sogenoemde obsessief-kompulsiewe stoornisse (Anastasia de Vries, Die Burger, 3 Augustus 2002).
◌ SINONIEM(E): selfbesering
◌ ENGELS: self-harm | self-injury
seehommeltuig
seemeeu
seismologie
seks
seksasie
sekspo
seksskrywery
seksterapeut
seksterapie
seksueel
sekuriteitslandgoed
seleb
selfbesering
selfbestuurmotor
selfdegeslag=
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran