Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
seksueel b.nw. | seksuele |
seksuele gereedmaking opsetlike optrede van ’n volwassene om ’n vertrouensverhouding met ’n minderjarige te vorm met die oog op ’n seksuele verhouding later: › Die vyf grootste digitale bekommernisse wat ouers het, is: skaam-/wraakpornografie; kuberafknouery; toegang tot inhoud vir volwassenes of andersins onvanpaste inhoud; seksuele gereedmaking; en identiteitsdiefstal (Netwerk24, 1 April 2021). › News24 het Vrydag ’n berig gepubliseer waarvolgens nog ses jong mans B. van seksuele gereedmaking, teistering en aanranding beskuldig (Netwerk24, 19 November 2019). › Hy het skuld beken op aanklagte van seksuele gereedmaking, verkragting en twee aanklagte van molestering (Volksblad, 2 November 2011).
◌ ENGELS: (sexual) grooming
SARS
SARS-CoV-2
Sassa
satanspaniek
satellietjagter
Sawamba
SAWD
sawwelyf
SBA
SBL
SBO
scaly
schnarf
scoby
seehommeltuig
seemeeu
seismologie
seks
seksasie
sekspo
seksskrywery
seksterapeut
seksterapie
seksueel
sekuriteitslandgoed
seleb
selfbesering
selfbestuurmotor
selfdegeslag=
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis