Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
selfdood s.nw. | selfdode | daad van self jou lewe te beëindig: › Is daar werklik 'n toename in voorvalle van selfdood oor die feestydperk in Desember, en veral oor Kersfees? (Louis Awerbuck, Vrye Weekblad, 17 Desember 2021). › Haar jongste seun het sy eie lewe geneem – dít nadat sy 10 jaar tevore ook haar oudste seun aan selfdood verloor het (Huisgenoot, 31 Maart 2016). › Die verlies van ’n geliefde aan selfdood is verpletterend vir die familie en vriende wat agterbly (Huisgenoot, 18 Februarie 2016). › Party slagoffers raak depressief of dink aan selfdood omdat die situasie so hopeloos voel (Huisgenoot, 14 Januarie 2016). › Dit was J. wat [...] die oproep van die kliniek in Zürich gekry het: Sy pa het sy selfdood uitgevoer (Huisgenoot, 15 Oktober 2015). › Twee selfdode en een poging tot selfdood is [...] aangemeld (Netwerk24, 19 Oktober 2015). › Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind ondanks die hoë getal selfdode wêreldwyd, is hulp nie ’n prioriteit in openbare gesondheidstelsels nie (Netwerk24, 14 September 2014).
geassisteerde selfdood selfdood wat met die hulp van iemand anders uitgevoer of toegepas word: › In Suid-Afrika beywer die organisasie Dignity SA hom daarvoor om geassisteerde selfdood wettig te laat verklaar (Netwerk24, 8 Augustus 2018). › Volgens die vaktydskrif The Lancet is daar ’n verskil tussen genadedood en geassisteerde selfdood. Genadedood is wanneer ’n dokter ’n persoon se lewe beëindig deur byvoorbeeld ’n inspuiting toe te dien om die pasiënt se lyding te beëindig. Geassisteerde selfdood is om iemand anders te help om hul eie lewe te beëindig, ook weens lyding, maar die persoon doen dit self terwyl hy of sy nog kan (Netwerk24, 8 Augustus 2018). → bystanddood
◌ ENGELS: (physician-)assisted suicide
samestelling(s):
selfdoodbomaanslag
selfdoodbrief
selfdooddrang
selfdoodgedagte
selfdoodhulplyn
selfdoodkoers
selfdoodneiging
selfdoodnota
selfdoodpoging: › Nêrens ter wêreld is daar regtig ’n styging in die statistieke wat selfdoodpogings of sterftes as gevolg van selfdood oor die dae van Kersfees aandui nie (Louis Awerbuck, Vrye Weekblad, 17 Desember 2021).
selfdoodvoorkoming
selfdoodsending
sawwelyf
SBA
SBL
SBO
scaly
schnarf
scoby
seehommeltuig
seemeeu
seismologie
seks
seksasie
sekspo
seksskrywery
seksterapeut
seksterapie
seksueel
sekuriteitslandgoed
seleb
selfbesering
selfbestuurmotor
selfdegeslag=
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka