Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
scoby s.nw. | scobies | [afkorting van symbiotic colony of bacteria and yeast] (Engels) simbiose van mikro-organismes (bakterieë en gis) wat in versoete tee geplaas word om kombucha te maak: › Ek het my scoby maande gelede by my dieetkundige gekry, en die gismatjie leef sonder moeite of veel onderhoud voort in ’n fles vol soet tee. Dit hoef net gereeld met vars water aangevul te word (Bibi Slippers, Vrye Weekblad, 30 November 2019). › Scoby staan vir “symbiotic colony of bacteria and yeast”. Dit lyk soos ’n stuk jellie en is die lewende tuiste van die bakterieë en gis wat die tee laat fermenteer en verander in die gewilde soet-suur vonkeldrankie (Johané Neilson, Tuis, 19 Augustus 2019).
◌ SINONIEM(E): gisplantjie | gismatjie | gislagie
KYK OOK: kombucha
Sanbi
SANBS
Sancu
Sanral
Sapoa
SAPV
Sarao
SARB
sardyntrein
Sareo
SARS
SARS-CoV-2
Sassa
satanspaniek
satellietjagter
Sawamba
SAWD
sawwelyf
SBA
SBL
SBO
scaly
schnarf
scoby
seehommeltuig
seemeeu
seismologie
seks
seksasie
sekspo
seksskrywery
seksterapeut
seksterapie
seksueel
sekuriteitslandgoed
seleb
selfbesering
selfbestuurmotor
selfdegeslag=
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor