Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
self-isolering s.nw. [gewoonlik enkelvoud]
Ook self-isolasie
vorm van (vrywillige of verpligte) isolasie waartydens iemand wat ’n infeksiesiekte het tydelik (dikwels waar hy/sy woon) in afsondering bly: › Die infeksie van die laer middel- en die werkersklas gaan nou begin toeneem, waarsku viroloë, en onder dié groep is selfisolering en fisieke afstandskepping baie meer kompleks (Max du Preez, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). › Vir die meeste Suid-Afrikaners is self-isolasie basies onmoontlik omdat hulle saam met baie ander mense in klein ruimtes bly (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020).
◌ SINONIEM(E): tuisisolasie
◌ ENGELS: self-isolation
KYK OOK: selfkwarantyn
SBO
scaly
schnarf
scoby
seehommeltuig
seemeeu
seismologie
seks
seksasie
sekspo
seksskrywery
seksterapeut
seksterapie
seksueel
sekuriteitslandgoed
seleb
selfbesering
selfbestuurmotor
selfdegeslag=
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake