Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
senuweeoordrag s.nw. [geen meervoud] (chirurgie) Ook senuoordrag
die uitvoer van ’n operasie om ’n werkende senuwee in ’n boonste ledemaat, bokant ’n besering, aan ’n beseerde, niewerkende senu onder die besering te koppel sodat die senu wat oorgedra word, die funksie van die beseerde senuwee kan oorneem om sodoende die werking van die verlamde spier te herstel: › Al die pasiënte, wat sorgvuldig vir die studie gekies is, het in een of albei arms so ’n operasie ondergaan en een of meer senuwee-oordrag gekry. › Senuwee-oordrag is al gebruik vir ander soorte beserings, maar dit is nou die eerste keer dat dit só gebruik word vir rugmurgbeserings, saam met die oordrag van senings (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 12 Julie 2019).
◌ ENGELS: nerve transfer
samestelling(s):
senuweeoordragsnykunde
senuoordragsnykunde
sekuriteitslandgoed
seleb
selfbesering
selfbestuurmotor
selfdegeslag=
selfdegeslagverhouding
selfdood
selfiebestemming
self-isolasie
self-isolering
selfkwarantyn
selfmoord
selfrymotor
selfskending
selfvliegtaxi
sellulêr
sementbek
semigrant
semigrasie
semigreer
sensitiwiteitslees
sensitiwiteitsleser
sensorieseprosesseringsteurnis
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielsuster
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling