Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
skool s.nw. | skole | skooltjie |
UITDRUKKING(S):
♦ van die ou skool tradisioneel of outyds wat betref manier, gewoonte of voorkoms: › Dalk is jy van die ou skool wat glo ’n kind het nie ’n reg op sakgeld nie (Kuier, 20 Mei 2015). › Hierdie versameling foto’s is nog van die ou skool waar die estetiese en tegniese ewe belangrik is (Die Burger, 3 November 1998). › Ernst Lindenberg was van die ou skool wat letterkunde op ’n Engelse “prac crit”-manier benader het, maar het tog ’n goeie kennis van die Nederlandse Vijftigers met studente kon deel (Die Burger, 17 Julie 2000). › So ’n man, definitief nog van die ou skool, moet waardeer word! (Sarie, September 2015). ◌ ENGELS: of the old school
KYK OOK: ouskool
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot
skindermeul
skolliepatrollie
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap