Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

semigrasie s.nw. [geen meervoud] verhuising van een deel van ’n land na ’n ander: Die onderwerp van semigrasie kom dikwels ter sprake by etenstafels en in gesprekke met kliënte – die verskynsel dat mense provinsies verlaat waar hulle voel dienste in duie stort en lewensgehalte negatief beinvloed word (Wicus Pretorius, Tuis, September 2023). Ek het diep oor die semigrasiekwessie nagedink wat verlede maand weer die nuusopskrifte gehaal het. “Semigrasie” verwys hier na die nuwe groot trek suidwaarts, van Suid-Afrika se “hinterland” terug na die Kaap, veral Kaapstad, glo deur misnoegde wittes wat wegvlug van “African nationalism” in die noordelike provinsies. Semigrasie – ons kan nou maar die aanhalingstekens weglaat – is intraland-hervestiging, teenoor emigrasie na ’n ander land (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023). Oënskynlik kan die huidige vlaag van semigrasie in Suid-Afrika die beste as ekonomiese migrasie verstaan word; mense op soek na ’n beter lewe en beter geleenthede vir toekomstige generasies van kinders en volwassenes (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023). Is die Groot Trek uit die Noorde werklik ’n ding? Die sogenaamde semigrasie na die Kaap deur mense wat voel regeringsdienste is beter in die Wes-Kaap? (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022). Wat in die Wes-Kaap se guns tel, is die verskynsel van semigrasie, met mense wat van die res van die land daarheen trek. Dis veral ook omdat groot dele van Kaapstad kan spog met minder fases beurtkrag as in die res van die land danksy die Steenbras-pompopgaarskema (Francois Williams, Netwerk24, 19 Oktober 2022). Is stedelinge se semigrasie kusstede toe volhoubaar? (Hanlie Retief, Rapport, 2 Oktober 2022). ’n Nuwe tipe “migrasie” wat deesdae as semigrasie bekend staan. Jy trek nie landuit nie, maar slegs na ’n ander dorp of stad waar jy die lewe kan hê waaroor jy nog altyd gedroom het. (Maretha Botes, Kuier, 1 September 2022).
ENGELS: semigration


samestelling(s):
semigrasiekwessie
semigrasietendens


KYK OOK: semigreer, semigrant


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther