Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
skarminkel s.nw. | skarminkels |
Waar kom skarminkel vandaan?
In Afrikaans is ’n skarminkel vandag, sê die WAT, ’n onbetroubare persoon wat soms soos ’n skurk optree, iemand sonder beginsels. Dié betekenis is uniek tot Afrikaans.
Schereminkel is in Nederlands die eerste keer opgeteken in 1621. Dit het waarskynlik deur ons Europese voorouers Kaap toe gekom. Die ouer Middelnederlandse vorm van die woord is si(m)minkel en dit beteken in dié tyd slegs “aap”. Etimoloë reken si(m)minkel kom uit die gerekonstrueerde Latyn simiuncula, wat ’n verkleinwoord by simila, “aap”, is.
In Nederlands beteken die woord scharminkel vandag “geraamte”, ’n “maer mens of dier”, en gewestelik ook “lawaai”, “wanorde”, “rusie”, en (verouderd) “bose gees”.
Gewestelik is daar selfs in Nederlands ’n werkwoord scharminkelen. Dit beteken onder andere “om met keteldrommusiek te bespot”. Hoe kry mens dié kloutjie by die oor? Via die “lawaai”-betekenis van die naamwoord.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 10 Junie 1996 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin
skaloeloe
Skandi-
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad