Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Skiemafrikaans s.nw. [geen meervoud] Kaaps, die Kaapse variëteit van Afrikaans, beïnvloed deur ander variëteite en tale, wat in behuisingskemas en informele nedersettings op die Kaapse Vlakte gepraat word: › [Grant] Jefthas skryf in Skiem- of Hop-huis-Afrikaans – die moedertaal van die bruin mense in die Kaapse behuisingskemas – wat hy beskryf as ’n taalkombinasie van waar mense vandaan kom. Dis baie Kaaps, maar dit is meestal beïnvloed deur mense se komvandaan, verduidelik hy. Hy het dit aanvanklik nie maklik gevind om in Skiemafrikaans te skryf nie, want weens die verwagtinge in die onlangse verlede om ’n mooi afgeronde Standaardafrikaans te praat en skryf, wou hy skryf sodat mense kon agterkom dat hy “geleerd is”. Dit is eers toe hy besef “kinders leer wat kinders belewe” en trots sy herkoms as ’n “kind van die Skiem” kon eien dat hy hom prontuit in sy taal begin uitdruk het (Rapport, 16 Oktober 2022). ◌ SINONIEM(E): Hop-huis-afrikaans
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot
skindermeul
skolliepatrollie
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat