Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
skarrel ww. | het geskarrel |
1 haastig, vinnig beweeg
2 (van diere) skarrelend beweeg, veral op soek na kos
3 oorleef met watter bestaansmiddele jy ook al kan vind: › Op 12, 13 was hy skaars mensbekwaam toe hy sy nood oppak en die strate invlug om te skarrel vir ’n lewe (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 3 Januarie, 2020). › Hier slaap een van die haweloses, wat langs die [hoërskool se] heining bly. Vroegoggend pak die mense wat hier bly al hulle slaapgoed op en vat die pad om te gaan skarrel (Magriet Theron, TygerBurger, 2 April 2014). › Die onbekende bergie het glo gereeld in die strate naby [die skool] vir kos geskarrel (Son, 11 Februarie 2016).
◌ ENGELS: rummage
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin
skaloeloe
Skandi-
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot