Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
skiem1 s.nw. | skiems | (uit Engels, lekties) behuisingskema; woonontwikkeling: › Hy vertel hy wil net ’n beter lewe vir hom en sy familie hê en sal graag sy ma uit die skiem wil kry (Salette Cloete, TygerBurger, 17 Januarie 2018). › Vrydagaan, ek ennie Butcher Boys het in ôsse karre innie skiem rondgeskarrel (Chase Rhys, Kinnes, 2018). › Die skiem issie meer dieselle nie. Die jongens rop die mense nou (Chase Rhys, Kinnes. 2018). › Pa se storie oor die skiem vir weggooimense (Jeremy Vearey, 11 Junie 2018).
◌ ENGELS: housing scheme | housing project | housing development
oorsprong:
Engels scheme
samestelling(s):
skiemhuis
KYK OOK: skiem1
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot
skindermeul
skolliepatrollie
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad