Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
slentertrap s.nw. [geen meervoud] tussen twee plekke waarvan die tweede ’n redelike afstand van die eerste verwyder is ’n fietstog aflê met padkos, ligte oornag- en kampeerbagasie aan die raam van die fiets vasgemaak: › Slentertrap is soos voetslaan, maar op twee wiele. Probeer dit gerus – dis minder intimiderend as wat jy dink (Jon Minster, Weg!, 18 Maart 2019). ◌ ENGELS: bikepacking
samestelling(s):
slentertraproete
slentertrapuitstappie
afleiding(s):
slentertrapper: › Ons het met drie ywerige slentertrappers gesels oor hoekom hulle op fietsryuitstappies gaan (Jon Minster, Weg!, 18 Maart 2019).
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smêsh