Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sjiitake s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (Japannees, swamkunde, kookkuns) Ook sjiitakesampioen | sjiitakesampioene | of shiitake of shiitakesampioen | shiitakesampioene |
soort eetbare sampioen (Lentinula edodes), inheems in China en Japan: › Vergeet van vervelige knopiesampioene en begin eksperimenteer met interessante variëteite soos sjiitake- en oestersampioene (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 13 Januarie 2018). › Die maatskappy het halaal “varkvleis”, gemik op verbruikers in Asië, ontwikkel uit koring, shiitake-sampioene en mungboontjies (Landbouweekblad, 2 Augustus 2019). › Die gaste kon by die sushistasie aan salm, inkvis, shiitake-sampioene, tamago (verskeie dun lae Japanse omelet), nigiri met wasabi, pekelgemmer en miso-sop smul (Netwerk24, 18 Oktober 2019).
◌ ENGELS: shiitake
oorsprong:
sjii pasaniaboom + take paddastoel, omdat die swam op dié boom groei.
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielsuster
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin
skaloeloe
Skandi-
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag