Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

skrifstelsel s.nw. | skrifstelsels |
ENGELS: writing system

Skrifstelsels van die wêreld

’n Deur (d, D), ’n hek (h, H), ’n golfie wat water voorstel (m, M). Dit is voorbeelde van die eenvoudige piktogramme, prentjies, wat ons eerste letters was. Onafhanklik van mekaar het antieke beskawings in verskillende uithoeke van die wêreld minstens vier verskillende skrifstelsels ontwikkel.

Lank voor die begin van ons huidige jaartelling, meer as 5 000 jaar gelede in ou Mesopotamië, het die voorsate van vandag se Irakkese spykerskrif bedink.

Antieke Egiptenare het hiërogliewe ontwerp, eenvoudige afbeeldings van mense, diere, plante en werktuie, wat as skryftekens elk ’n woord of, in sommige gevalle, ’n lettergreep of enkele taalklank voorgestel het.

Vandag se han-karakters in Chinees, en kanji in Japan – logogramme, wat hoofsaaklik woorde en nie klanke nie verteenwoordig – is minstens 3 000 jaar oud, die oudste skrif wat steeds gebruik word.

Die Maja-beskawing van Sentraal-Amerika se kombinasie van hiërogliewe (logograwe) en ’n sillabiese of lettergreepskrif, waar ’n stel simbole verskillende klankgrepe voorstel wat saamgevoeg word om woorde te vorm, dateer van ongeveer 900 VHJ.    

In die millennium vóór ons jaartelling begin, deurkruis Fenisiese galeie en seilskepe die Middellandse See (moenie die antieke, seevarende Fenisiese beskawing met die Italiaanse stad Venesië verwar nie). Van hulle Vrugbare Halfmaan in die Midde-Ooste (die eietydse Israel, Irak, Jordanië, Libanon, die Nylvallei, Palestina, Wes-Iran en Suidoos-Turkye) vaar Fenisiese handelaars na Antieke Griekeland en later die Romeinse Ryk om daar hulle kosbare purper te verkoop: Van die mureks of purperslak met sy dik, stekelrige skulp, wat in groot getalle langs hul kuste voorkom, berei die Fenisiërs ’n kosbare pers kleurstof. Saam met dié koningskleur versprei hulle ook hul alfabet.

Via Romeins, via Grieks, is van die Fenisiese alfabet die meeste moderne alfabette, ook ons s’n, afgelei. (Via Grieks ook die Cyrilliese, Russiese alfabet.) Die meeste Europese tale gebruik vandag die Romeinse (Latynse) alfabet: A, oorspronklik ’n tekening van die kop van ’n os; B, die grondplan van ’n huis; C, oorspronklik ’n tekening van ’n jagwapen, ’n kort, dik stok wat as gooistok gebruik is ...

Van die Griekse alfabet (alfa, beta, gamma, delta ...) ken ons hoofsaaklik die letters wat ook as soortname dien, soos pi (π, Π) as die simbool waarmee die verhouding tussen die omtrek en die middellyn van ’n sirkel weergegee word; iota of jota (die kleinste letter; ι, Ι) vir niks (Hy verstaan geen jota Afrikaans nie); delta (δ, Δ) vir ’n D-vormige eiland waar spoelgrond in ’n riviermonding afgeset word, of as die naam van ’n covid-19-variant, soos alfa (α, Α) beta (β, Β) gamma (γ, Γ) of omikron (o, O) (met kleinletters, ja, want die name van siektes is soortname, nie eiename nie).

Jana Luther
Woordewisseling: Beeld, Die Burger, Netwerk24, 3 Desember 2021 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

● Taalverskeidenheid (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

● Idiome skets prentjies (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther