Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
skiem1 s.nw. | skiems | (uit Engels, lekties) behuisingskema; woonontwikkeling: › Hy vertel hy wil net ’n beter lewe vir hom en sy familie hê en sal graag sy ma uit die skiem wil kry (Salette Cloete, TygerBurger, 17 Januarie 2018). › Vrydagaan, ek ennie Butcher Boys het in ôsse karre innie skiem rondgeskarrel (Chase Rhys, Kinnes, 2018). › Die skiem issie meer dieselle nie. Die jongens rop die mense nou (Chase Rhys, Kinnes. 2018). › Pa se storie oor die skiem vir weggooimense (Jeremy Vearey, 11 Junie 2018). ◌ ENGELS: housing scheme | housing project | housing development
oorsprong:
Engels scheme
samestelling(s):
skiemhuis
KYK OOK: skiem1
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel
skarrel
skarreleier
skarrelhoender
skarrelpluimvee
skattejag
skedelbob
skeepshouerargitektuur
Skelmbos
skeloeloe
skemer=
skemernarkose
skeptikus
skermakteur
skermapnee
skermbeskermer
skermmoegheid
skeurbrood
skhothane
skiem 1
skiem 2
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot
skindermeul
skolliepatrollie
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad