Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

skaloeloe s.nw. (straat- en speelgrondspeletjie)Ook skeloeloe balspeletjie met vasgestelde reëls: Twee groepe spelers, een groep boul en doen veldwerk, amper soos in krieket, maar met ’n groter speelbal. Die “bouler” rol of “boul” die bal na iemand in die ander groep wat die bal so ver moontlik probeer skop en so laag op die grond moontlik. Die skopper hardloop dan soveel moontlik kere heen en weer tussen sy span se “bof” en dié van die ander groep. As die skopper in die ander span se bof is, roep sy/hy “skaloeloe!” om veilig te wees en te sorg dat hy/sy nie “uitgegooi” word nie. As jy hoog skop, kan iemand jou dalk uitvang en jy kan in die hardloop uitgegooi word. As die bal na jou toe geboul word, maar iemand anders se naam is deur die “bouler” uitgeroep, is jy uit die spel […] op die Vlakte seg ons “ska-”, en in Hoorn “ske-”, weet ek ook nou (Anastasia de Vries, Facebook, 31 Maart 2020). Dis soos Red Rover. […] Weet jy hoe Red Rover werk? Ons op die platteland (Oudtshoorn) ken dit as skeloeloe. Jy staan aan die een kant. Anderkant is daar ’n persoon wat die bal vir jou gooi, jy skop hom doer ver, dan hol jy na die ander kant. Daar is mense langs die kant wat die bal vang en jou probeer raak gooi / uitgooi voordat jy by die ander kant uitkom (Haidee Muller, Facebook, 31 Maart 2020). Tot nou was sy altyd te moeg geswoeg vir ’n ma se pangakyk om ’n kind op die regte spoor te hou. Vir die speletjies wat haar as kind speel-speel gesond gehou het terwyl sy só die reëls van die lewe kon leer: skaloeloe; drie blikkies; bok, bok, staan styf; kennetjie; Abdol maak pootjies skoon (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). in my hart en siel is ek nog net ’n kind wat brandboud gehardloop het voor die balle wat gereën het op my in die stofstrate van Loeriesfontein […] brandpyn, maar skeloeloe wou ons speel (Berend Mouton, Facebook, 31 Maart 2020).SINONIEM(E): niekies | nikkiesENGELS: Red Rover

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther