Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pap s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (kookkuns) mieliemeelgereg ◌ ENGELS: porridge | pap
UITDRUKKING(S):
♦ pap skep (figuurlik) jou aan geld of ander (by)voordele help, gewoonlik met die bygedagte van onregmatigheid: › Terwyl die uitvoerende bestuurders in munisipaliteite pap skep, is dit werknemers op laer vlakke wat swaarkry (Vrye Weekblad, 13 November 2020). ◌ ENGELS: help yourself to gravy/etc.
oorsprong:
as dit pap reën, moet jy skep
as ’n geleentheid hom voordoen, moet ’n mens dit aangryp.
♦ in jou pap stik (figuurlik) iets sien of hoor wat jou ontstel: › Ek kon nie help om te wonder nie of van die miljoene mense wat in plakkerskampe regoor die land woon, dalk na die staatsrede geluister het en in hulle pap gestik het (Max du Preez, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019). ◌ ENGELS: choke on something
♦ pap en tik (soms skertsend) pap en sous, of iets dergeliks, veral waar stywe pap met die hand geëet, of op ’n vurk, daarin gedoop of daaroor gevee word voordat dit na die mond gebring word: › Jy wil tog nie op jou oudag van pap en tik en staatsaalmoese leef nie (Leon-Ben Lamprecht, Netwerk24, 18 Desember 2021). › Vir pap en tik sal ’n te maer vleisie nie deug nie. Die tjoppie aan die toutjie in die middel van die tafel waarteen elke eetgenoot sy bolletjie stywepap tik, moet darem in sy eie vetjie gebraai het om te kan “afgee” aan die pap (Die Burger, 13 Januarie 1995). › Om as denkende volwassene in ’n vuurhoutdoos-huisie te oornag terwyl skote buite klap ... Om saans weer donker tuis te kom en ’n nederige maaltyd van pap en tik te geniet (Beeld, 4 Februarie 1999).
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie