Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
palliatief
♦ b.nw. | palliatiewe | wat ingestel is op palliasie – die verligting van die simptome, veral pyn, van ’n terminale siekte – wanneer die oorsaak van die toestand nie meer behandel of genesing bewerkstellig kan word nie: › Met Jeremy Mansfield in die rondte is daar selfs humor in ’n palliatiewe sorgsaal (Hanlie Retief, Rapport, 14 Augustus 2022). › Die wetsontwerp verwys [...] na die reg op privaatheid van mense wat dagga vir medisinale redes as ’n palliatiewe middel wil gebruik (Liana Mocke, Netwerk24, 27 Mei 2022).
◌ SINONIEM(E): pynversagtend
◌ ENGELS: palliative
♦ s.nw. | palliatiewe | pynversagtende middel of behandeling, wat palliasie teweeg bring. ◊ (ook figuurlik): › In uitvoering van haar populistiese beloftes skaf sy eerstens die Grondwet af – die Grondwet wat immers “niks gedoen het vir die armes nie, behalwe as ’n palliatief” (Netwerk24, 5 Februarie 2022).
◌ ENGELS: palliative
oorsprong:
Van Grieks pallium, mantel, en Latyn palliare, om met ’n mantel te bedek, met ’n mantel te omvou.
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie