Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
papmasjien s.nw. | papmasjiene | herwonne skeepshouer toegerus met ’n kitsbanktipe-funksionaliteit waaruit ’n ontvanger van ’n elektroniese selfoonkoepon, deur ’n PIN-nommer in te tik, 'n afgemete porsie vitamienverrykte, gaar mieliemeel, gewoonlik met melkpoeier en suiker daarby ingemeng, kan bekom: › ’n Groep meganiese ingenieurs van die Noordwes-Universiteit glo hul nuwe “kitsbank” vir pap kan Suid-Afrikaners se honger teen lae koste stil, ’n gekonkel in die verspreiding van kospakkies uitskakel en boonop die oordrag van die koronavirus tot die minimum beperk. Hulle het die patent vir hulle papmasjien Woensdag geregistreer (Antoinette Slabbert, Rapport, 3 Mei 2020). ◌ ENGELS: porridge machine
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis