Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

vas
ww. | het gevas | ’n ruk nie eet en/of drink nie

s.nw.
onderbroke vas skedulering van maaltye wat voorsiening maak vir periodes van vrywillige vas of verminderde kalorie-inname tussen etes: Wat is onderbroke vas? Dit is ’n eetplan wat wissel tussen tye waarin jy moet vas en tye waarin jy mag eet. Dit gaan nie soseer oor wát jy eet nie, maar wanneer. Dis dalk net waarom dit so gewild is (Werner Wippenaar, Netwerk24, 4 Junie 2021). Volgens die internasionale kosinligtingskomitee [...] is 43% van Amerikaners nou besig om ’n tipe vaspatroon te volg. Dit maak onderbroke vas nou die grootste tipe dieetplan ter wêreld. Daar is verskillende metodes van onderbroke vas en dit word alles deur middel van die app verduidelik. Jy kan dus kies watter een by jou leefstyl pas (Werner Wippenaar, Netwerk24, 4 Junie 2021). Sommige navorsing toon dat onderbroke vas kan help met gewigsverlies én om kardiovaskulêre siekte te voorkom, maar [...] dié dieet is nie vir almal nie (Maroela Media, 30 April 2021).ENGELS: intermittent fasting | intermittent energy restriction

samestellings:
onderbroke-vas-dieet | onderbroke-vas-program


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther