Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
tatsoi s.nw. [geen meervoud] raapagtige Asiese knolplant, Brassica rapa (variëteit narinosa), met donkergroen lepelvormige blare wat in pesto, roerbraaigeregte en slaaie gebruik word, asook om sop te versier: › Daar is tot tien verskillende koolvariëteite, waaronder die vinnig groeiende michihili- Chinese kool wat binne 55 tot 100 dae geoes kan word. Ander vinnige groeiers is Oosterse blaargroente soos pak choi en tatsoi, verskillende mosterdblare, Switserse snybeet en radyse, insluitend “soet” radyse (Alice Coetzee, Netwerk24, 18 April 2020). › Asiatiese groente sluit mosterdagtige plante soos mizuna en Japannese reuse-rooikool in, asook die ligter Chinese kool tatsoi en pak choi. Hierdie blaargroentes is sappig, krakerig en baie voedsaam, met vitamien C, betakaroteen, vitamiene B2 en B6, foliensuur, yster en magnesium sowel as kalsium. (Alice Coetzee, Netwerk24, 13 April 2019).
◌ ENGELS: tatsoi | tat choy
oorsprong:
Kantonees: “hanggroente”
KYK OOK: paksoi
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie