Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
tatie b.nw. [predikatief] (informeel, lekties)
1 die kluts kwyt; deurmekaar; mal: › Janine is skoons tatie as sy gerook is, en dan eet sy my koskaste leeg (Ouma Anthea (skuilnaam) van Uitsig, Son, 28 Oktober 2018). › “Die man werk dan nou op my kêrrie!” “Jirre, hy is tatie!” (@Neil_deKock, Twitter, 30 April 2013). › Nei, hy’s nie tatie nie, miskien net ’n kleine bietjie homesick (@DoreenMorris, Twitter, 30 Desember 2017).
2 eksentriek.
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika