Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pata-pata [soms verkort tot pata]
♦ s.nw. | pata-patas | [gewoonlik enkelvoud]
1 (dans) seksueel suggestiewe dans waarin pare dansers aan mekaar se lywe raak: › Gehoordeelname word deurgaans aangemoedig [...] Van ’n enkeling in die agterste gestoeltes wat net nie kon bly sit nie, tot ’n ouerige man wat op die verhoog sy eie weergawe van die pata-pata gedoen het (Die Burger, 13 Mei 2006). ◊ (ook figuurlik): › Ons polka en pata om Paul Kruger en quickstep tot by die queen van Engeland (Huisgenoot, 14 Julie 2016).
2 (musiek) musiek, gewoonlik kwelamusiek, op die maat waarvan die/’n pata-pata gedans word.
3 (informeel) seks: › Pata-pata kom ook aan die bod. Revolusionêre inligting oor seks word gedeel (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023). ◌ ENGELS: pata-pata
♦ ww. | het gepata-pata |
1 die/’n pata-pata dans.
2 (informeel) seks hê. ◌ ENGELS: pata-pata
oorsprong:
Xhosa: vat-vat, raak-raak
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola
picklebal