Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
parafilie s.nw. | parafilieë | (psigiatrie en psigoanalise) patroon van herhalende seksueel prikkelende gedagtes of gedrag wat ongewone en veral sosiaal onaanvaarbare seksuele praktyke behels: › Parafilie (voorheen bekend as seksuele perversie en seksuele afwyking) is intense seksuele prikkeling wat meegebring word deur atipiese voorwerpe, situasies, fantasieë, gedrag of individue (Wikipedia, 28 April 2023). › Die reeks gedigte [van Franco Colin] wat spesifiek handel oor seksuele afwykings of parafilieë beskik elkeen oor die ironiese titel “Naas(te) liefde” gevolg deur ’n saaklike benoeming van die bepaalde patologie soos “Naas(te)liefde: Roomse pedofiel” en “Naas(te)liefde: Loervink”. Telkens verwoord die spreker hoe ’n spesifieke versteuring in konkrete en lyflike terme beleef word, hoewel die verwoording hiervan telkens deur die wrang-ironiese lens van die psigiater-digter geskied (Neil Cochrane, Netwerk24, 25 Julie 2022). › Die Amerikaanse Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM-5) gebruik die woord parafilie om atipiese seksuele gedrag te beskryf en parafiliese versteuring vir die beskrywing van ’n disfunksie soos hier onder gedefinieer: 1) Dit duur reeds minstens ’n tydperk van ses maande. 2) Dit behels ’n herhaalde, intense seksuele opwekking deur ’n nielewende objek of spesifieke liggaamsdeel wat gemanifesteer word in fantasieë, drange en gedrag. 3) Dit veroorsaak merkbare ongemak en spanning by die persoon en het ’n negatiewe impak op sosiale, beroeps-, verhoudings- of enige ander vlak van die persoon se lewe (Elmari Mulder Craig, Netwerk24, 1 Augustus 2015). ◌ ENGELS: paraphilia
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers