Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
palmplak
♦ s.nw. | palmplakke | groet of gelukwensing met ’n hand in die lug wat bestaan uit ’n klap van die oop handpalm teen dié van iemand anders.
♦ ww. plak palm | het gepalmplak | iemand groet of gelukwens deur ’n hand (gewoonlik die regterhand) in die lug op te steek en met die oop palm teen die palm van die ander persoon te klap.
› plak ’n palm vat vyf: › Plak ’n palm, groet my! › Plak ’n palm, Roland Schoeman! Die 34-jarige Schoeman het Vrydagaand gewys ouderdom is net ’n nommer, toe hy twee silwermedaljes by Suid-Afrika se Statebond-totaal gevoeg het (Netwerk24, 26 Julie 2014).
KYK OOK: vyf, vatvyf
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
padasang
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie