Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

pikkelbal s.nw. [geen meervoud]Ook picklebal balsport wat in Amerika ontstaan ​​het en elemente van pluimbal, tennis en tafeltennis kombineer, met soliede rakette oor ’n net gespeel: My lewenslange vrees om pieperig, petieterig of potsierlik te wees was nie eens genoeg om my aan die oefen te kry nie. Maar toe ontdek ek pickleball [...] Dis terloops ’n simpel naam van duistere oorsprong. Die storie dat die uitvinders se hond, Pickle, met die bal weggehardloop het, is blykbaar nie waar nie. Hier aan huis noem ons dit pikkelbal, en dis my beskeie voorstel vir ’n Afrikaanse naam vir die sport (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023). Dit blyk pikkelbal is die sport wat die vinnigste groei in Amerika. Derduisende mense speel dit, en daar is bane die land oor. In ander lande is ander vorme van tennis vir ons luies, soos padel of paddleball, ook glo gewild, maar hier in Nieu-Seeland loop pikkelbal loshand voor, en dit het selfs in Suid-Afrika uitgeslaan (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023). Wat pikkelbal so gewild maak, is dat dit maklik is om te speel. Jy het nie die moeilike afslaan van tennis nie en omdat jou spaan nie sulke harde houe soos ’n tennisraket slaan nie, is dit makliker om die bal in die baan te hou [...] Jy kan verwag om meer houe te speel as in tennis en om minder te hardloop [...] Pikkelbal het in 1965 begin toe ’n paar gesinne op vakansie naby Seattle pluimbal wou speel, maar nie pluime kon kry nie (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023).ENGELS: pickleball

samestelling(s):
pikkelbaan:
Die sport het Suid-Afrika in Oktober 2021 getref toe twee buiteklubs in Johannesburg van hulle tennisbane vir pikkelbal omskep het – jy kan vier pikkelbalbane op een tennisbaan inpas
(Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther