Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
perd s.nw. | perde |
Wat het die perdeby met perde te doen?
Antwoord: Niks.
Die perd was vermoedelik die grootste dier wat die Europese mense tuis geken het – die grote, nie die ponie nie. Toe het hulle groot goed met die naam perd vereer en ons het hulle in Afrikaans daarin nagevolg.
Die Hollanders het selfs van ’n groot (hoë) koors gepraat as ’n “koors soos ’n perd” en van ’n groot leuen as ’n “paardeleugen”.
Al het ons in Suid-Afrika groter goed (kameelperde, olifante, ens.) leer ken, het ons voortgegaan om groot goed perde te noem: perdeby (’n groot by, eintlik wesp), perdekapok (’n groot kapokbos). Ou perd! – die uitroep van bewondering – het moontlik ook iets met grootte te doen.
Johan Spies
Taalgereedskap: Die Burger, 16 Maart 1992 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie