Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

vleis s.nw. | vleise |
gekweekte vleis vleis wat (met die oog op kommersiële en voedingsdoeleindes) kunsmatig in ’n laboratorium of fabriek uit stamselle van diere gekweek word – teenoor natuurlike vleis van diere wat geslag word: Gekweekte vleis is lekker, sê Kanadese navorsers (Landbouweekblad, 12 Februarie 2020 – opskrif). Elk van die velle lewende selle is so dik soos ’n gewone vel papier wat jy in jou drukker sou gebruik. Dit word eers gekweek en dan op groeiplate saam gekonsentreer voordat dit afgeskil en een ná die ander op mekaar gepak word. Die velle bind natuurlik aan mekaar voordat die selle doodgaan [...] “Verstellings kan aan die vetinhoud van enige ‘vleissnit’ gemaak word, wat ’n voordeel is bo ander bestaande metodes van vleiskweking” (Engela Duvenhage, Landbouweekblad, 12 Februarie 2021).SINONIEM(E): kweekvleis | laboratoriumvleis | in vitro-vleisENGELS: cultured meat
KYK OOK: vleiskweking


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther