Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
telematika s.nw. [geen meervoud] (vakgebied wat handel oor die) kombinasie van telekommunikasie, rekenaarwetenskap en elektrotegniek vir die daarstel van geoutomatiseerde stelsels wat inligting van veraf geleë stelsels oordra na beheersentrums, waar die data gestoor en ontleed word ten einde bedryfstelsels te verbeter: › Telematika handel veral oor kommunikasie met afgeleë voorwerpe soos voertuie, masjiene, rekenaars, geboue en dies meer. ◌ ENGELS: telematics
samestellings:
telematika-oplossing: › Ondernemings van alle soorte en groottes (vind) baat by die voordele van telematika-oplossings. Dit sluit in ondernemings in vervoer en verspreiding, die verkoelingsketting, snel bewegende verbruikersgoedere (FMCG), olie en gas, die bou- en mynbedryf, koerierdienste en nutsmaatskappye, om ’n paar te noem (Rapport, 15 Augustus 2021).
telematika-data: › Die telematika-data moet in veilige datasentrums gestoor word, maar inligting moet maklik toeganklik wees vir gemagtigde persone via ’n gesofistikeerde aanlyn platform of mobiele app, ten einde ’n inligtingsbord en verslae te kan genereer (Rapport, 15 Augustus 2021). › Telematika-data (word) in vlootbestuur gebruik om stelsels doeltreffender te maak, bates beter te beveilig, bestuurders beter te beskerm, risiko’s te verminder en dit vergemaklik nakoming van bestaande regulasies (Rapport, 15 Augustus 2021).
tangaar
tangara
tankini
TAO
tatie
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnoreus
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
teleurgang
tengersorg
tepel
terima kasih
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika