Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
polimerasekettingreaksie s.nw. [afkorting PKR] (biochemie) manier om uit baie klein hoeveelhede DNS ’n gedeelte, of meer as een gedeelte, te vermenigvuldig of te versterk totdat daar genoeg van is om ontleed te kan word. ◌ ENGELS: polymerase chain reaction | PCR
samestelling(s):
polimerasekettingreaksietoets: › Nóg personeel, nóg studente word gedwing om ’n polimerasekettingreaksie-toets te doen en ons sal niemand verbied om die kampus of enige geboue te betree op grond van hul inentingstatus nie (NWU, Rapport, 17 April 2022). › Daar is ’n manier waarop sekere polimerasekettingreaksietoetse gebruik kan word om te bepaal of iemand “waarskynlik” met ’n sekere variant [van die koronavirus] geïnfekteer is (Vrye Weekblad, 11 Mei 2022).
PKR-toets: › Die siekte [a-pokke] word deur ’n polimerase-kettingreaksietoets (PKR-toets) geïdentifiseer (Vrye Weekblad, 25 Mei 2022).
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie
poepsakkie
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker