Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
poliamorie s.nw. [geen meervoud] leefstyl waarvan iemand wat dit aanhang, terselfdertyd en openlik gewikkel is in intieme liefdesverhoudings met verskillende mense wat kennis dra van mekaar, wat met die verskynsel of praktyk gemaklik is, wat ’n soortgelyke leefstyl volg of voorstaan, en wat vrywillig daartoe ingestem het: › Daar is ’n stigma dat dit ’n klomp mense is wat in ’n harem saambly en net heeltyd seks het. Volgens V.D. gaan poliamorie egter oor liefde en “om meer as een persoon eties lief te hê” (Lynné Schoeman, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020). › Poliamorie is wanneer ’n mens met meer as een persoon op alle vlakke van liefde en intimiteit ’n verhouding en ’n lewe bou. C. beklemtoon dat dit nié poligamie (een man met meer as een vrou) is nie en ook verskil van bloot ’n “oop” verhouding (Lynné Schoeman, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020).
◌ ENGELS: polyamory
KYK OOK: poliamoris, poliamoreus
oorsprong:
Uit Grieks poli- meer, veel, baie + amor liefde.
plofkop
plofwoord
plukbrood
plustens
podiumpoësie
podsending
poefsakkie
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie
poepsakkie
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
por
porno-ster