Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
poke [uitspraak: pou-kei] s.nw. [geen meervoud] (Hawaiise kookkuns) Ook poké
blokkies of repies rou vis, as voorgereg of as hoofgereg saam met rys en groente voorgesit: › Poke [...] het ontstaan as ’n Hawaise vissermansete bestaande uit afvalstukkies vars vis, rys en enige groente wat beskikbaar was. Die moderne weergawe van dié eenvoudige, gesonde ete sluit fantastiese kombinasies van vis en grane in; soms is daar ook piekels en sade by, of pikante souse soos mayonnaise en sriracha. Geurmiddels sluit seegras, wasabi, sitrus, rysasyn en soja in, en daar’s geen perke aan die vrugte-en-groente-kombinasies nie (Johané Neilson, Tuis, 15 Januarie 2018). › ’n bakkie poké. › Sushi-slaaibakkies word “poke” genoem en is deesdae groot nuus (Weg, November 2017).
◌ ENGELS: poke | poké
oorsprong:
Hawaiis poke “(dwars in stukke) sny”.
samestelling(s):
pokebakkie: › Maklike forel-poke-bakkie.
pokébakkie
plettervat
pliebaadjie
pliggie
plofkop
plofwoord
plukbrood
plustens
podiumpoësie
podsending
poefsakkie
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie
poepsakkie
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi