Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
quiet quitting s.nw. [geen meervoud] (Engels) ingesteldheid van – om met die minste moeite – net die heel basiese verantwoordelikhede van jou werk na te kom, uit protes, of om tussen werksverpligtinge en die res van jou lewe ’n beter balans te bewerkstellig: › ’n Gallup-opname [...] gebruik die term om die groot skuif in die Amerikaanse arbeidsmark te belig: “Gallup se definisie van die konsep ‘quiet quitting’ is mense wat nie werklik betrokke is by hul werk nie – hulle doen slegs die basiese wat van hulle verwag word en is psigologies afgestomp van hul werk. Dit beskryf omtrent die helfte van Amerika se werkmag ... Hierdie tendens versprei tans teen die spoed van lig op sosiale media as die idee dat miljoene mense nie meer ekstra moeite met hul werk doen nie en slegs hul basiese werksverpligtinge nakom (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022). › Qaanitah Hunter, politieke redakteur van News24, wonder in ’n onlangse rubriek of Ramaphosa nie besig is met “quiet quitting” nie; hy bedank nie uitdruklik nie, maar loop geen ekstra myl om te doen wat nodig is nie (Barnard Beukman, Beeld, 29 Oktober 2022). › Ná Covid het die hele beweging rondom “quiet quitting” (stil-stil onttrek) en tydmiljoenêrs begin (Hanlie Retief, Rapport, 2 Oktober 2022). › Meer onlangs hoor ek van “quiet quitting” in verhoudings by ’n millenniër-vriend. Hy noem dit die “stille hendsopper-move wanneer opbreek te veel moeite is en dit anyway almal net ongemaklik gaan laat voel” [...] net soos in ’n werksopset verwys dit hiér na wanneer iemand net stadig maar seker ophou moeite doen en mettertyd in so ’n mate emosioneel onttrek dat die verhouding doodbloei (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022). ◌ SINONIEM(E): stille onttrekking | suutjiese lyfwegstekery
Pride
Pride-maand
priemkebab
prikpouse
prikwater
proksemika
promessie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater
psigogeriatrie
psigolinguistiek
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai