Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
presisieboerdery s.nw. [geen meervoud] geoutomatiseerde landbou waarby tegnologie en inligtingstegnologie (GPS; grond- en lugsensors in die vorm van hommeltuie en satelliete; rekenaars as deel landbouvoertuie en -masjiene, en so meer) op verskillende maniere suksesvol aangewend word om doeltreffendheid te verhoog: › “[P]resisieboerdery” is dalk een van die nuutste gonswoorde in die landbou, maar dit is glad nie ’n nuwe konsep nie. […] Toe die jagter-versamelaars ongeveer 12 000 jaar terug besluit het om die landbou te vestig, het hul daadwerklik reeds die proses van presies boer aan die gang gesit in hul strewe tot die inkorporering van die nuutste tegnologie van die dag om hul voortbestaan te verseker (Edrean Ernst, Landbouweekblad, 22 Maart 2019). › Kort daarna het presisieboerdery ’n groot sprong geneem met toerusting wat boere in staat stel om inligting oor ’n oes met satelliettegnologie vanaf ’n werktuig te bekom sodat hulle uit die vorige oes se ervaring kan leer en daarop verbeter (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 5 April 2019).
◌ ENGELS: precision agriculture | PA | satellite farming | site specific crop management | SSCM
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
por
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
prebioties
prebiotika
prebiotikum
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie
Pride
Pride-maand
priemkebab
prikpouse
prikwater
probioties
probiotika
probiotikum
proksemika
promessie
promp
prompt
prompteur
promptingenieur
prompto
promptografie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties