Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Rap s.nw. | Rappe | Rappie | (informeel) ◌ Ook rap | rappe | rappies | [ook met kleinletter(s)] ◌ enigiemand: › Ek word dikwels gevra om as ’n guns mense (wat ek van geen Adamskant ken nie) se “boeke” te resenseer. Oftewel, soos baie van die Rappe sê, te adverteer (want hulle ken selfs nie die verskil tussen hierdie twee begrippe nie) (Hanna Kamfer, Vrye Weekblad, 18 Junie 2021).
› Jan Rap ◌ Ook janrap ◌ enige man: › Omdat elke Jan Rap en sy maat vandag ’n boek kan uitgee, beteken dit nie elke Jan Rap en sy maat kan skryf nie (Hanna Kamfer, Vrye Weekblad, 18 Junie 2021).
› San Rap ◌ Ook sanrap ◌ enige vrou: › Die Jan en San Rap wat kan skryf, is minder as wat die meeste Rappe dink (Hanna Kamfer, Vrye Weekblad, 18 Junie 2021).
QCTO
QR
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
Raspoetin
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster